Maranatha Media: South Africa
Gepubliseer Jun 29, 2021
Bladsye 2
Downloads 280

Laai gerus die WORD DOCX lêer hier af.

Hierdie traktaatjie bevat uittreksels uit die boek Kruis-Belewenis Ondersoek die Kruis, deur Adrian Ebens.

Een van die groot redes waarom die ware hart van die Kruis misverstaan word, is die instelling van die offerstelsel in die Ou Testament.

Sê vir die hele gemeente van Israel: Elkeen moet sorg dat hy …'n lam vir sy gesin het, vir elke huisgesin een. … sonder liggaamsgebrek, 'n skaap of 'n bok. Julle moet hom goed oppas tot die veertiende van hierdie maand, en dan moet die hele gemeente van Israel teen laat middag slag. Julle moet van die bloed smeer aan die sykante en die bokant van die deurkosyn van elke huis waar julle die lam gaan eet.  Eksodus 12:3-7

Die indruk wat hierdie verse laat is dat God wil hê dat sy mense diere moet doodmaak en offer aan Hom en indien hulle dit doen, sal Hy hulle seën. Het God hierdie offerandes werklik vereis? Vereis Sy geregtigheid dat Sy toorn versag word soos afgode wat deur ander nasies aanbid word?