Maranatha Media: South Africa

Meer omtrent ons

Die boek Openbaring spreek oor die laaste dae van die wêreld se geskiedenis; dat drie boodskappe vanuit die hemel gestuur word met 'n waarskuwing dat die koms van Christus naby is en dat dit nodig is om gereed te maak.

Boodskap

Open 14:6 - 12  En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. (7)  En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. (8)  En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. (9)  En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,  (10)  sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.  (11)  En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.  (12)  Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.

Open 18:1 En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

Dit is die duisternis van ‘n wanbegrip van God wat die wêreld omhul. Die mensdom verloor sy kennis van Sy karakter. Dit is verkeerd verstaan en verkeerd vertolk. Juis in hierdie tyd moet ‘n boodskap van God verkondig word, ‘n boodskap van liggewende invloed en reddende krag. Sy karakter moet bekend gemaak word. Die lig van Sy heerlikheid, die lig van Sy goedheid, genade en waarheid moet in die duisternis van die wêreld skyn.

Dit is die werk wat die profeet Jesaja opsom met die woorde: “0 Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit
op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God! Kyk, die Here Here sal kom as ‘n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by
Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.” Jes. 40:9,10.

Diegene wat op die Bruidegom se koms wag, moet aan die volk sê: “Hier is julle God!” Die laaste strale van die lig van genade, die laaste genadeboodskap wat aan die wêreld gegee moet word, is ‘n openbaring van Sy liefdevolle karakter. Die Gelykenisse van Christus, p.301
 

Die groep mense wat geroep is om hierdie boodskap te bring, word beskryf in Open. 10 en 12.

Missie

Open 10:9-11  En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning. (10) Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword. (11)  En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.

Oorsprong

Open 12:17  En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.

Die artikels, boeke en aanbiedings op hierdie webwerf gaan oor die onderwerpe van hierdie boodskap en beskryf die missie van die Oorbyfsel-mense (die ander nakomelinge), soos aangedui in die gedeeltes hierbo.

Adrian is woonagtig in Brisbane, Australië. Hy het 'n wonderlike vrou, Lorelle en twee wonderlike seuns, Michael en Daniel.

Adrian het as 'n Christelike leraar vir 25 jaar bedien en het die geweldige worsteling omtrent selfwaarde van baie mense gesien.

Op die ouderdom van 17 jaar het hy by 'n kruispad in sy lewe gekom en die krag van die kruis beleef, met 'n gepaardgaande verandering van rigting. Sy passie is om sy ondervinding en dit wat hy geleer het, met ander te deel.