Maranatha Media: South Africa

My Identiteit in Christus

gepos Sep 03, 2023 deur Brümilda Vander Mescht in Testimonies and Stories
Vertaal deur Marié Kramlich
147 Hits

 

Die Vraag word aan almal gerig

“Waarteen weeg ek my lewe op Aarde?”

Bevind ek myself leeg getap en gestroop

Van my volle aardse gewade?

 

Doen ek alles om op die Voorblad te verskyn

Sodat die lig oor my medemens kwyn?

Of gee ek al die eer

Aan die Een wat oor my lewe regeer

 

Alles wat hierdie lewe kan bied

Is tydelik en gaan tot niet

Flietig is ons aardse lewe

Die Hiernamaals is ons strewe

 

Ons skat moet nie op aarde opbou

Mits mot en roes dit verbrou

Die Koninkryk van God bied vandag

Vreudge, rykdom en krag

 

Jy is God se Geliefde Kind

In Hom kan jy jou identiteit vind

Luister na Sy Lewende Woord

En seënings vloei daagliks – ongestoord