Maranatha Media: South Africa

WELKOM by Maranatha Media Suid-Afrika

Verkondiging van die liefdevolle Karakter en die Rus van die Vader en Sy eniggebore Seun

Boeke wat aanbeveel word:

    

[1] Die laaste strale van die lig van genade, die laaste genadeboodskap wat aan die wêreld gegee moet word, is 'n openbaring van Sy liefdevolle karakter. [2] Die kinders van God moet sy heerlikheid openbaar. In hulle eie lewe en karakter moet hulle openbaar wat die genade van God vir hulle gedoen het. Die lig van die Son van Geregtigheid moet in goeie werke uitstraal - in woorde van waarheid en in dade van heiligheid.   [3] Christus, die uitstraling van die Vader se heerlikheid, het na die wêreld gekom om dit te verlig. Hy het gekom om God by die mens te verteenwoordig en van Hom staan geskrywe dat Hy gesalf is "met die Heilige Gees en met krag" en dat Hy "die land deurgegaan het [en] goed gedoen het." (Hand. 10:38). Die Gelykenisse van Christus, bl.301.

[1] Boodskap  [2] Missie  [3] Goddelike Patroon

"Net soos die wil van Christus in ooreenstemming met die wil van Sy Vader is, so moet ons wil in ooreenstemming wees met die wil van Christus wees. Ons moet een met Christus wees, soos Hy een is met die Vader. Indien ons in hierdie posisie inbeweeg, het ons die belofte dat die Vader ons sal liefhê soos Hy die Seun liefhet. Hoe kan dit dan wees? Dit gebeur wanneer ons die geregtigheid van Christus toegeëien het deur lewende geloof." {Vertaal uit RH 25 Junie 1889}

Datums van LIVE STREAM vanuit Australië

Nuutste Kommentaar