Maranatha Media: South Africa
Gepubliseer Jun 30, 2021
Bladsye 2
Downloads 246

Laai gerus die traktaatjie se DOCX lêer hier af.

Hierdie traktaatjie bevat uittreksels uit die boek Verterende Vuur deur Deyan Delchev en Kevin Mullins.

Vir baie mense is die beskrywing van die vurige oordeel na die millennium die finale onweerlegbare bewys dat God mense direk doodmaak:

En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei … en om hulle te versamel vir die oorlog; … en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. Openbaring 20:7-10

Die grootste teenstelling met die interprestasie dat God die direkte laksman van die goddelose in die poel van vuur is, is die lewe van Jesus Christus. Christus het gekom om die karakter van Sy Vader ten volle te openbaar. Indien ons na Christus se aardse bediening kyk, sien ons hoe God in wese is.

Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.  Johannes 14:9.

Christus het niemand doodgemaak tydens Sy aardse bediening nie. Wat ook al beskryf word in Openbaring 20 kan nie in teenstelling wees met die openbaring van die Seun van God omtrent Sy Vader tydens Sy aardse bediening nie. Met hierdie in gedagte sal ons die dinge ondersoek wat aanleiding gegee het tot Openbaring 20:7-9.