Maranatha Media: South Africa
Gepubliseer Jun 30, 2021
Bladsye 2
Downloads 289

Laai gerus die DOCX lêer van die traktaatjie hier af.

Hierdie traktaatjie bevat uittreksels uit die boek Oorwinning in Kanaän, deur Adrian Ebens en Kevin Mullins.

Hoe kan ons die woorde van Christus versoen met Israel se volslae vernietiging van nasies met die swaard?

Matteus 26:52 …want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom.

Nie net mans nie, maar ook vroue en kinders:

Deurteronomium 2:34 In daardie tyd het ons al sy stede verower en verwoes. Van hulle mans, vrouens en kinders het ons niemand laat vrykom nie.

Het die Israeliete werklik in ooreenstemming met die karakter van God opgetree? Hoekom was hulle gedurig bevrees dat God hulle in die woestyn sal doodmaak? Behoort ons te weet? As jy nie uitvind nie, mag jy dalk vind dat Christus na jou kom soos Hy Jakob genader het in sy tyd van benoudheid en sal jy Hom dan as die vyand sien. Deur slegs op die genade van God te vertrou het Jakob oorwin as die ware Israel van God.