Maranatha Media: South Africa
Gepubliseer Nov 18, 2022
Bladsye 119
Downloads 125

Ander tale

English

In hierdie laaste dae word die karakter van God bevraagteken. Sal God mense veroordeel en terselfdertyd ook opdrag gee om ander nie te oordeel nie, maar om hulle onvoorwaardelik lief te hê? Sal God mense vir ewig in die hel verbrand en dan ook aan ons opdrag gee om ons vyande lief te hê?   Sal God peste en plae stuur na diegene wat Hom nie liefhet nie, en terselfdertyd opdrag gee om te bid vir die goeie gesondheid van diegene wat aan ons geen liefde toon nie? Behoort ons nie dieselfde karakter as God uit te leef nie? In Joh. 14:9 sê Jesus: “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.” Het Jesus ooit iemand veroordeel? Het Jesus ooit iemand gemartel? Het Jesus ooit iemand omgebring? Jesus raai ons almal aan om ons oë te salf met Sy geestelike oogsalf sodat ons beter kan “sien” (Open.3:18). Dus, wanneer ons die Bybel deur hierdie nuwe oë lees, word die sluier van vrees en veroordeling weggeneem (2 Kor. 3:14-16). Wanneer die ware karakter van ons hemelse Vader geopenbaar word deur die Gees van Sy Seun, begin ons sien dat God nie 'n bloeddorstige tiran is wat teen sondaars gekant is nie, maar dat God en mens 'n gemeenskaplike vyand deel wat poog om ons geloof te vernietig; ‘n geloof in 'n nie-veroordelende Vader wat ons liefhet met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag.