Maranatha Media: South Africa
Skrywer Adrian Ebens
Gepubliseer Jun 11, 2019
Downloads 747

Kom ons gaan op reis! Hierdie boek handel oor die reis, ‘n reis deur die lewe, ‘n lewenswandel deur die heiligdom, ‘n reis in die voetstappe van Jesus. Maar die reis het ‘n parallelle een. Dit loop langs die Christen en sy pelgrimsreis. Dit staan skouer aan skouer met die ervarings wat ons almal in die huidige lewe meemaak, keuses wat ons moet maak, die soeke na aanvaarding, eer en liefde.

Stemme wink na ons van beide die Beminde en die Bedrieër. Hulle klink so eenders! Leraar Ebens beskryf op ‘n baie persoonlike manier sy ontdekkingsreis om die Een, geheel en al lieflik, te vind, Sy stem te hoor, die stem van ‘n Seun en die stem van Sy Vader. Die stem is sag en stil, klein in die oë van mense wat so maklik aangetrek word tot die klatergoud en glinster, lof en toejuiging wat ons elke dag op soveel maniere lok. Die stem praat duidelik deur die lees van Sy Woord, en hierdie boek is vol van die Skrif, dit verlig ons weg deur die Heilige Plek en uiteindelik tot die Heiligste van alles!

Wie is die Beminde? Hoekom is Hy die Beminde? Wie het Hom liefgehad? Dit is belangrike vrae wat duidelike antwoorde kry op die volgende bladsye. Die kritieke verskil tussen Wie hy is en Wat hy doen is die groot verskil waaroor die god van hierdie wêreld al sy energie verbind om die waarheid van die hele wêreld weg te steek, te verduister en hulle te mislei; ook, indien moontlik, selfs die uitverkorenes. Ons ewige lewe hang af van die verskil. Wat jy nou gaan lees, sal daardie verskil werklik en wonderlik maak.

So, neem die eerste stap in ‘n reis van vreugde, vrede en liefde – om jou Beminde te ontdek.