Maranatha Media: South Africa
Gepubliseer Sep 12, 2023
Bladsye 56
Downloads 78

Ander tale

Chichewa English Español Kiswahili

Christus sê vir ons dat die Woord van God waarheid is. Ongelukkig is daar soveel verskillende oortuigings, en blykbaar kom almal uit die Bybel, sodat dit verwarrend mag wees. Hoe kan ons dan die waarheid ken wanneer ons oënskynlike teenstrydighede in die Bybel vind?

Die Bybel self leer ons hoe om hierdie oënskynlike probleme op te los, deur duidelike instruksies en gelykenisse. Wanneer ons die Skrif se raad volg oor hoe om die Woord van God te ontvang, dan is die manier waarop ons die Bybel lees, die bepalende faktor. Paulus raai ons aan om die Woord van waarheid reg te verdeel – hoe kan ons dit doen?

Hierdie boekie beantwoord hierdie vrae deur ‘n verduideliking van die basiese Beginsels of Reëls van  Interpretasie, soos die Bybel dit uiteensit.