Maranatha Media: South Africa
Skrywer Adrian Ebens
Verteller Dawid Snyman
Gepubliseer Jan 12, 2018
Downloads 1,438
Audio Downloads 456
Totale downloads 1,894

Hy wat die Seun het, het die lewe. Hoekom is dit so? Want in die Seun van God woon die suiwer hart van ’n gehoorsame Seun aan Sy Vader. Hy doen altyd die dinge wat die Vader behaag. Hy het ook die Vader se seën en diepe toegeneentheid. Die hart van die Seun rus volkome in Sy Vader se liefde.

Dit is die wysheid van die Vader om die Gees van Sy geliefde Seun met die heelal te deel; ’n lieflike, sagte en gehoorsame Gees wat Sy gebooie liefhet. Christus is die wysheid van God en die standvastigheid van ’n liefdevolle verhoudingsryk. Hierdie sagte Gees vloei uit die troon van God deur die boom van die lewe. Satan het die Seun van God en Sy sagte Gees verwerp. Sy opstandige gees was in skrille kontras met die sagte, nederige en gehoorsame Gees van die Seun van God. Hierdie gees van rebellie is aan die mensdom oorgedra. In die offer van Christus word ons weer opnuut hierdie sagte Gees aangebied. Die geheim om hierdie Gees te besit, is om te weet wie die Vader en die Seun is – dit is die ewige lewe om die Vader en Sy Seun te ken en te drink van die fontein van lewende water wat uit die troon van God en die Lam vloei.