Maranatha Media: South Africa
Skrywer Adrian Ebens
Gepubliseer Mar 19, 2020
Downloads 632

Die koelbloedige moord op die Ámalekiete, wat vroue en babas ingesluit het, is een van die moeilikste stories in die Bybel om te verduidelik. Waarom is hierdie opdrag gegee in die naam van die HERE?

Hoe kan hierdie storie in die lig van die kruis verstaan word?

Die verborgenheid van die kruis verklaar alle ander verborgenhede. In die lig wat straal van Golgota is die eienskappe van God wat ons eers met vrees en bewing vervul het, nou heerlik en aantreklik. Ons sien hoedat genade, teerheid, en ouerlike liefde saamsmelt met heiligheid, geregtigheid, en krag. Terwyl ons die majesteit van Sy troon aanskou wat hoog en verhewe is, sien ons Sy karakter in al Sy heerlike openbarings en ons besef soos nooit tevore nie, die betekenis van daardie dierbare naam, “Onse Vader.” {Groot Stryd 733.1}

Satan stel ‘n vervalste regstelsel voor wat die hele heelal besmet het. Die aanvraag na straf vir oortreding het byna universeel geword.  Hoe sal dit moontlik wees vir Satan se regstelsel om God se genade te ontmoet op so ‘n manier dat die mens se hart geopen word tot God?

Die wonders van die kruis verskaf ‘n volledige verduideliking en nog meer. Lees en ontdek die waarheid van die vraag en word vrygestel van die allerverskriklike geloof dat die God van Jesus Christus klein babatjies direk sou vernietig.