Maranatha Media: South Africa
Skrywer Nina Snyman
Gepubliseer Jan 21, 2021
Laaste opdatering Jan 21, 2021
Downloads 514

Ander tale

English 國語

Gedurende die jaar 2010 tot 2017 het die Here ons gesin deur ‘n Eksodus ondervinding geneem: Ons het eerstens deur verbasende ontdekkings die Tien Geboeie gevind (Eksodus 20) in die Adventiste Kerk, waar ons aangesluit het. Die onontdekte waarhede van die Ou Testament (Eksodus 21 – 24) het ons gelei tot ‘n veranderde lewenstyl van selfbeheersing in, onder andere, ons eetgewoontes. My man se studies van die Bybel het ons gelei tot die openbaring van Jesus Christus, die Seun van die enige ware God, soos beskryf in die Heiligdom (Eksodus 25 – 31, Joh.17:3), gevolg deur ‘n Goue Kalf ondervinding (Eksodus 32) wat die weg gebaan het tot die wonderlike openbaring van Wie God is en hoe Hy in wese  is (Eksodus 33-34).