Maranatha Media: South Africa
Skrywer Adrian Ebens
Gepubliseer Des 20, 2021
Bladsye 237
Downloads 222

Oordeelsdag! Die meeste kulture regoor die wêreld het 'n beginsel dat almal 'n oordeel in die gesig staar vir die dinge wat hulle in hierdie lewe gedoen het. Jesus Christus bied 'n eenvoudige beginsel om hierdie oordeelsproses te verduur:

"Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie." Matthéus 7:1.

Hoe sal dit wees om in 'n koninkryk te woon waar jy ophou om ander te oordeel? Hoe is dit moontlik? Ons oordeel voortdurend mense se voorkoms, lengte, gewig, vaardighede. Ons oordeel mense op grond van hul velkleur, hul godsdienstige verbintenis, hul sosiale status, hul inkomste en hul intellek.

Waar kan ons die ideale voorbeeld vind van iemand wat nie oordeel nie, sodat ons hierdie voorbeeld kan volg?

"Julle oordeel volgens die vlees.

Ek oordeel niemand nie." Johannes 8:15

Hoe kan dit moontlik wees dat Jesus niemand oordeel nie? Hoe kan geregtigheid geskied indien Hy niemand oordeel nie? Dink ook aan wat Jesus omtrent Sy Vader sê.

"Want die Vader oordeel ook niemand nie,

maar het die hele oordeel aan die Seun gegee," Johannes 5:22

Spreek die Bybel nie van die oordeel van God waar elkeen sy regverdige vergoeding ontvang nie? Hoe pas dit in by die woorde van Jesus? Leer ken die geheime van die oorwinning oor veroordeling wat ons aanvoel wanneer ons misluk, en die veragting wat ons vir ander kan voel wanneer hulle ons in die steek laat.

Kom in die lig van die waarheid waar daar geen veroordeling is nie.