Maranatha Media: South Africa

Boeke volgens aanbevole volgorde

IDENTITEITSOORLOG

Die boek is a reis na selfontdekking, om 'n sin vir waarde in jouself te vind.

Christus se Sending na die Wêreld

Christus het die karakter van God verhef deur aan Hom die lof toe te ken en aan Hom die eer te gee, dit is die hele doel van Sy eie sending op aarde - om die mens reg te help deur die openbaring van God. Die vaderlike genade en die ongeëwenaarde volmaaktheid van die Vader is in Christus voor die mens gestel. In Sy gebed net voor Sy kruisiging, het Hy verklaar: "Ek het u Naam geopenbaar." "Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring." Nadat die doel van Sy sending bereik is - die openbaring van God aan die wêreld - het die Seun van God aangekondig dat Sy werk volbring is en dat die karakter van die Vader aan die mens openbaar gemaak is. {Signs of the Times, 20 Januarie 1890, par.9}

Dade van Ons Sagmoedige God

Dade van ons Sagmoedige God bring indringende bewyse vanuit die Bybel om God te verontskuldig van aanklagte dat Hy ons oordeel; dat Hy nie omgee nie; dat Hy beherend optree; dat Hy onregverdig is; dat Hy maklik kwaad word, en selfs 'n gewelddadige God is.  Die boek demonstreer dat die hele Bybel ooreenstem is met die direkte stelling dat God liefde is (1 Joh.4:8).

Die Wysheid van God

Hy wat die Seun het, het die lewe. Hoekom is dit so? Want in die Seun van God woon die suiwer hart van ’n gehoorsame Seun aan Sy Vader. Hy doen altyd die dinge wat die Vader behaag. Hy het ook die Vader se seën en diepe toegeneentheid. Die hart van die Seun rus volkome in Sy Vader se liefde.

Kruis-Belewenis Ondersoek die Kruis

Waarom die Kruis en wie benodig dit?
Waaom word die Kruis benodig vir ons redding?
Is die toorn van God deur die dood van sy Seun bevredig?
Wat is God se geregtigheid en verskil dit van ons geregtigheid?
Waarom het Jesus Homself met 'n bronsslang vergelyk?
Wat leer ons by die Heiligdom van Israel omtrent die kruis?

Vader van Liefde

Sal God mense veroordeel en terselfdertyd ook opdrag gee om ander nie te oordeel nie, maar om hulle onvoorwaardelik lief te hê? In Joh. 14:9 sê Jesus: “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.” Het Jesus ooit iemand veroordeel? Jesus raai ons almal aan om ons oë te salf met Sy geestelike oogsalf sodat ons beter kan “sien” (Open.3:18). Dus, wanneer ons die Bybel deur hierdie nuwe oë lees, word die sluier van vrees en veroordeling weggeneem (2 Kor. 3:14-16). Wanneer die ware karakter van ons hemelse Vader geopenbaar word deur die Gees van Sy Seun, begin ons sien dat God 'n nie-veroordelende Vader is wat ons liefhet met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag.

Trooster

Adam moes 'n besluit neem toe sy vrou die vrug na hom gebring het. Hy het sy Meester verwerp deur haar te volg en van die vrug te eet.

Wie sou nou sy bron van vertroosting word?

Goddelike Patroon van die Lewe

1 Kor. 8:6  - "Tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom."

Oorspronklike Liefde

As ons 'n God aanbid wat liefhet as gevolg van inherente eienskappe, sal ons dieselde doen.

Ons word soos dié wat ons aanskou. As ons die Seun aanbid aan Wie alle dinge gegee is en wat rus in die versekering van sy Vader se soete welwillende Agape liefde, kan ons verander word na die beeld van hierdie liefde en kan ons liefhê soos God die Seun liefhet

Ons God is Agape en in Hom is glad geen Eros liefde te bespeur nie.

Agape

In die lewe van Christus, 2000 jaar gelede, sien ons 'n voorbeeld van onbaatsugtige liefde wat aan tallose mense vrede besorg het. Sommige van die aansprake van Christus is baie moeilik om op te los, gegewe die verskil tussen die beskrywings van God in die Bybel en die lewe van Christus, veral vir dié met ‘n diepgaande belangstelling in die Woord van God. Jesus het egter in 'n aangrypende oomblik met een van Sy volgelinge gespreek en gesê: “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.”

Lewenskwessies

In hierdie boek beskryf Adrian Ebens die kanaal van seën, wat vanuit God, die bron van alles wat lewe, vloei; ‘n kanaal wat slegs behoue kan bly deur een baie spesifieke sleutelbeginsel: onderdanigheid. Die liefdesverhouding tussen God en Sy Seun, wat duidelik openbaar word in die vrywillige onderdanigheid van die Seun aan die Vader, is die goddelike beginsel waarsonder hierdie seën nie kan bestaan nie.

Goddelike Risiko

Want so lief het God die wêreld gehad....

So groot was daardie liefde dat Hy Sy mees gekoesterde, kosbaarste skat, Sy eniggebore Seun, op die spel geplaas het om ons te red.

My Beminde

Ek hoor Sy voetstappe, my pols versnel in afwagting. Ek hoor Sy stem soos die geluid van baie waters. Dit is soos ‘n lieflike balsem vir my siel. My Beminde roep. Kan dit ek wees vir wie Hy roep? Hoe kan sulke kosbare hoop in my hart gekoester word? Waaruit onstaan hierdie idee? Waarom moet ek waardig beskou word om Sy aandag te ontvang – hierdie magtige Prins, Beminde Seun van die Vader?

Met ego’s uit die Heiligdom, Hooglied van Salomo, and Die Christen se Reis na die Ewigheid word die reis van een man nagespoor deur hindernisse, moeilikhede, toetse en uitdagings, om alles te verkoop ter wille van wat hy ontdek – om verlief te raak op Jesus, die Seun van die Vader.

God se Barmhartige Toorn

Wat sê die Bybel omtrent die toorn van God?

Is dit soos ons s’n? Word God verskriklik kwaad? Hoe kan God ’n liefdevolle God wees en steeds die goddelose met vuur vernietig?

Jesus het ons die hemelse Vader kom wys. Hy is die volmaakte beeld van God. Raak verlief op die Skepper Wie die sondaar nooit minder liefhet nie.

Volgens Jou Oordeel

Oordeelsdag! Die meeste kulture regoor die wêreld het 'n beginsel dat almal 'n oordeel in die gesig staar vir die dinge wat hulle in hierdie lewe gedoen het. Jesus Christus bied 'n eenvoudige beginsel om hierdie oordeelsproses te verduur:

"Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie." Matthéus 7:1.

Hoe sal dit wees om in 'n koninkryk te woon waar jy ophou om ander te oordeel? Hoe is dit moontlik? Ons oordeel voortdurend mense se voorkoms, lengte, gewig, vaardighede. Ons oordeel mense op grond van hul velkleur, hul godsdienstige verbintenis, hul sosiale status, hul inkomste en hul intellek.

Waar kan ons die ideale voorbeeld vind van iemand wat nie oordeel nie, sodat ons hierdie voorbeeld kan volg?

"Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie." Johannes 8:15

Die Goddelike Patroon

Die Goddelike Patroon raak elke aspek van ons lewens aan; dit is die sleutel tot vreugde, vrede en harmonie binne ons huwelike, ons gemeenskappe, ons kerk en alle sosiale strukture in ons bestaan.

Lewende Brood van die Hemel

Die offerstelsel met sy diereoffers en spys- en drankoffers dui alles op die lewe wat Jesus se genade gee deur Sy werk op die kruis en Sy bemiddeling in die hemel vir ons.

Die vraag ontstaan: wat is die betekenis van al die gewigte en mates van meel en olie en aantal diere? As al hierdie gebeure eenvoudig na die dood van Jesus, 2000 jaar gelede, verwys, hoe kan elkeen van hierdie diere- en spysoffers by elke godsdienstige byeenkoms verskil? Wat beteken dit?

Sabbatsfontein

Die Woorde wat die Vader met Sy Seun by Sy doop gespreek het, weerspieël die seën wat Hy op Hom uitgestort het op die eerste Sabbat van die Skepping. Daagliks verheug die Vader Hom in Sy Seun, en die Seun is verbly in Hom.

Op die Sabbat het die Vader op Sy Seun geblaas en die Seun was verkwik in Sy Vader se liefde. Hierdie intieme band tussen Vader en Seun is permanent in die Sabbat geplaas, en elke Sabbat blaas die Vader Sy verfrissende rus op Sy Seun en almal wat die Seun aanvaar.

Fontein van Seën

Ons Vader roep ons nou tot 'n meer volledige Sabbatservaring. Ons word geroep tot alle geestelike seëninge in Christus Jesus as kinders van Abraham (Galasiërs 3:27-29). Jesus sê vir ons, "Kyk, ek staan ​​by die deur en klop" en Hy klop op die vasgestelde tyd. Sal jy vir Hom oopmaak en saam met Hom maaltyd hou?

Die Krag van Vergifnis

Die menslike idee van vergifnis is dat wanneer iemand die wet van goedheid teenoor jou oortree en jou (of jou geliefdes) nie korrek behandel nie, is daar ‘n sterk begeerte tot geregtigheid wat homself openbaar in een of onder straf op die oortreder.

Om ware vergifnis te kan verstaan, is dit uiters belangrik om te verstaan hoe ons sonde kan oorwin. Dit is baie belangrik om die oordeel van God te verstaan, want ons lees in die Skrif,

die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers, praat nie groot nie en is nie opgeblase nie. Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen is nie. I Korintiërs 13:4-5.

Christus en Sy Geregtigheid

Vertaal na Afrikaans in 2017, deur Nina Snyman,

vanuit die oorspronklike teks gepubliseer in Jan 1889.

To Walk in my Father's Ways

O how love I thy law! it is my meditation all the day. Psalm 119:97

For this is the covenant that I will make with the house of Israel after those days, saith the Lord; I will put my laws into their mind, and write them in their hearts: and I will be to them a God, and they shall be to me a people:  Hebrews  8:10 

A personal testimony

Exodus Ondervinding

Gedurende die jaar 2010 tot 2017 het die Here ons gesin deur ‘n Eksodus ondervinding geneem: Ons het eerstens deur verbasende ontdekkings die Tien Geboeie gevind (Eksodus 20) in die Adventiste Kerk, waar ons aangesluit het. Die onontdekte waarhede van die Ou Testament (Eksodus 21 – 24) het ons  gelei tot ‘n veranderde lewenstyl van selfbeheersing in, onder andere, ons eetgewoontes. My man se studies van die Bybel het ons gelei tot die openbaring van Jesus Christus, die Seun van die enige ware God, soos beskryf in die Heiligdom (Eksodus 25 – 31, Joh.17:3), gevolg deur ‘n Goue Kalf ondervinding (Eksodus 32) wat die weg gebaan het tot die wonderlike openbaring van Wie God is en hoe Hy in wese  is (Eksodus 33-34).

Heerskappy van die Aarde

Die Heerskappy van die Aarde

Die effek van die mens op die natuur

Natuurlike Geregtigheid en Versoening

Satan stel ‘n vervalste regstelsel voor wat die hele heelal besmet het. Die aanvraag na straf vir oortreding het byna universeel geword.  Hoe sal dit moontlik wees vir Satan se regstelsel om God se genade te ontmoet op so ‘n manier dat die mens se hart geopen word tot God?

Verterende Vuur

Christene glo bykans universeel dat daar net een manier is om die sonde te beëindig. Dit is om die goddelose te stuit deur 'n vurige stroom van God af te bring wat die goddelose sal verbrand.

Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte – dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Jesaja 53:4

Einde van die Bose

Diegene wat in God glo, reken bykans almal dat die enigste manier om die sonde te beëindig, is om die goddelose in hul spore te stop deur 'n vurige stroom vanuit die hart van God af te bring om die goddelose te verbrand en tot 'n einde te bring.

Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte – dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Jesaja 53:4

Die Kruisiging van Christus in die Dae van Noag en Lot

Die verhaal van die wêreldwye vloed en die vernietiging van Sodom en Gomorra is vir baie mense ontstellend. Sal God werklik derduisende mense verdrink of verbrand, net omdat sy genade tot ‘n einde geloop het en die verpletterende hand van die gereg nie meer weerhou kan word nie? Sal ‘n God van liefde so iets doen? Vir baie mense is dit verwarrend.

Baie mense bespot en verwar die “ewige evangelie” as gevolg van die boodskappe wat uitgaan van ons kansels af. Hierdie boodskappe beskryf God as die baas van ‘n globale Mafia met ‘n afpersingskema gemik op die inwoners van die aarde, sodat Hy die aanbidding kan verkry –

“Doen soos ek sê of ek maak jou dood!”

Die ware “ewige evangelie” is dat ons Vader ons nie in die hemel inbring met ‘n doodsdreigement om gehoorsaamheid af te dwing nie. Sy wet is ‘n geskrewe kopie van Sy karakter en sy wet dui aan, “Jy mag nie doodslaan nie.” Christus se kruisdood het die leuen, dat God dreig om rebelle dood te maak, tot niet gemaak. Die Kruis openbaar dat God almal wat Hom verwerp, aan hul eie keuses oorlaat.

Oorwinning in Kanaän

Hoe kan ons Israel se volslae vernietiging van nasies met die swaard, versoen met die woorde van Christus? Matteus 26:52 …want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom. Nie net mans nie, maar ook vroue en kinders: Deurteronomium 2:34 In daardie tyd het ons al sy stede verower en verwoes. Van hulle mans, vrouens en kinders het ons niemand laat vrykom nie. Het die Israeliete weklik in harmonie met die karakter van God gehandel?

Haal Augustinus se Verbondsbril Af

Hierdie boekie verduidelik hoe die verbondstelsel, wat deur Augustinus ontwikkel is (dit is die Ou Bedeling en die Nuwe Bedeling), bygedra het om die Laatreën, wat deur die uiters kosbare boodskap van 1888 moes kom, te kortwiek.

U is Priester vir Ewig

Leraar Ebens verduidelik die verbonde in die lig van Melgisédek se priesterskap van Christus wat “begin [het] net nadat die mens gesondig het.” Ms43b-1891 (4 Julie 1891) par. 5.

Die Seremoniële Skeidingslyn

Adventiste se geskiedenis is vol stryd en debat oor die kwessie van wanneer en waar die Ou Verbond met al sy rituele en seremonies begin en geëindig het. Soos alle ander Protestantse kerke waaruit hulle gekom het, het die Adventiste lank die heersende idee aanvaar dat alles wat oud en Joods is, met die dood van Jesus tot 'n einde gekom het. Vir die ander Protestante het dit ook die sewende dag Sabbat ingesluit. Nee, het die Adventiste, wat die vierde gebod aanvaar het, gesê. Die Morele Wet is permanent; die wet van Moses is aan die kruis vasgenael. Maar wat van drank wat dronk maak, en onrein vleis? ‘n Groeiende lys van Mosaïese insettinge is oor die Seremoniële Skeidingslyn geskuif. En toe kom 1888. Die implikasies was duidelik. Iets moes meegee... Die gevegslinies is opgestel, en die res — wel, die res is geskiedenis.

Heilige geskiedenis

Hierdie boek ondersoek die spesiale Woord van God as ‘n geleentheid in die proses om ‘n rein en heilige volk voor te berei, gereed om ten hemele gevoer te wor

Viering van die Sabbat

Aan ons, sowel as aan Israel, is die Sabbat gegee as ‘n “Ewige verbond.” Aan diegene wat die Sabbat eerbiedig is dit gegee as ‘n teken dat God hulle erken as Sy uitverkore volk. Dit is ‘n pand dat Hy Sy verbond met hulle sal nakom. Elke siel wat die teken van Gods regering aanneem, plaas homself onder die ewige goddelike verbond. Hy verbind homself met die goue ketting van gehoorsaamheid, elke skakel waarvan ‘n belofte is.