Maranatha Media: South Africa
Skrywer Adrian Ebens
Verteller Dawid Snyman
Gepubliseer Jan 05, 2018
Downloads 1,504
Audio Downloads 536
Totale downloads 2,040

Elke dag sukkel miljoene der miljoene mense met depressie. Om uit te hou en aan te hou word al hoe moeiliker en baie mense soek na ‘n uitweg.

Die toksiese gevolge van waardeloosheid kom uit ‘n evaluasie van onsself dat ons nie goed genoeg is nie, nie alombemind en nie van veel nut is nie. Die meeste selfhelpboeke probeer dit aanspreek deur mense aan te moedig om hulself lief te hê en te troetel en vir hulself te sê dat hulle spesiaal is.

Hierdie metode spreek nie die noodsaaklike menslike behoefte van seën aan nie: ‘n Ouerlike figuur of mentor wat woorde van seën in jou lewe inspreek. Niks vervang die kragtige ervaring van die bevestiging dat jy aanvaar word deur iemand wat jy respekteer en vir wie jy bewondering koester nie.

Ons Vader in die hemel wil dit elke dag vir ons vertel, maar Satan het die meeste mense in die wêreld verblind, sodat daar waarde op ander plekke gesoek word, om ons dan doof te hou vir daardie wonderlike seën van die Vader – dat jy Sy geliefde kind is.