Maranatha Media: South Africa
Skrywer Adrian Ebens
Gepubliseer Mar 20, 2020
Downloads 615

Diegene wat in God glo reken bykans almal dat die enigste manier om die sonde te beëindig, is om die goddelose in hul spore te stop deur 'n vurige stroom vanuit die hart van God af te bring om die goddelose te verbrand en tot 'n einde te bring.

Die algemene denkpatroon is dat die goddeloses nie hulself gaan vernietig nie en dat as God 'n God van geregtigheid is, Hy oortreders sal straf en Hyself hulle vir hul kwaad vergeld volgens hul dade deur hulle direk in vlamme te sit en hulle lewend te verbrand. Sal 'n liefdevolle God dit aan Sy kinders doen? Sal jy jou eiesinnige kinders lewendig in vlamme verbrand en kyk hoe hulle in pyn skree?

Sommige mense sê dat die enigste manier om kanker uit te wis, is om dit uit te sny. Die probleem met hierdie analogie is dat wanneer jy kanker uit 'n enkele persoon sny, die doel is om lewe te red en nie te vernietig nie. Sommige mense sê die goddeloses is soos 'n hond met hondsdolheid en dat die hond aan die slaap gesit moet word. Neem jy dan die hond en brand dit stadig vir 'n paar dae in 'n vuur terwyl hy in pyn skree en uitroep – net 'n bietjie meer omdat jy dit verdien weens jou boosheid? Is dit regtig wat aan die einde gaan plaasvind?

“Diegene wat die genade, wat so vryelik aangebied word, verwerp, sal nog agterkom wat die waarde is van wat hulle verag het. Hulle sal die pyn ervaar wat Christus aan die kruis verduur het om verlossing te koop vir almal wat dit sal ontvang. En hulle sal dan besef wat hulle verloor het - die ewige lewe en die onsterflike erfenis.” Vry vertaal vanuit Review and Herald, 4 September 1883

Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte – dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Jesaja 53:4