Maranatha Media: South Africa
Skrywer Ellen White
Gepubliseer Feb 19, 2020
Downloads 561

Ander tale

Čeština English Kiswahili

Uit die wolkkolom het Christus aangaande die Sabbat verklaar, “Julle moet sekerlik My Sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig.” Exod. 31: 13. Die Sabbat wat aan die wêreld gegee is as teken dat God die Skepper is, is ook die teken dat Hy die Heiligmaker is. Die krag waardeur alle dinge geskape is, is ook die krag wat die siel weer herskep in Sy ewebeeld. Die Sabbat is die teken van heiligmaking aan diegene wat dit onderhou. Ware heiligmaking beteken eenheid met God, gelykheid aan Sy karakter. Dit word verkry deur gehoorsaamheid aan daardie beginsels wat ‘n afskrif is van Sy karakter. En die Sabbat is ook die teken van gehoorsaamheid. Hy wat van harte die vierde gebod gehoorsaam, sal ook die hele wet gehoorsaam. Hy word geheilig deur gehoorsaamheid.

Aan ons, sowel as aan Israel, is die Sabbat gegee as ‘n “Ewige verbond.” Aan diegene wat die Sabbat eerbiedig is dit gegee as ‘n teken dat God hulle erken as Sy uitverkore volk. Dit is ‘n pand dat Hy Sy verbond met hulle sal nakom. Elke siel wat die teken van Gods regering aanneem, plaas homself onder die ewige goddelike verbond. Hy verbind homself met die goue ketting van gehoorsaamheid, elke skakel waarvan ‘n belofte is.