Maranatha Media: South Africa
Skrywer Nina Snyman
Gepubliseer Mei 06, 2021
Bladsye 2
Downloads 318

Ander tale

български език 國語 Norsk

Laai gerus die WORD DOCX hier af.

Hierdie traktaatjie is in "trifold" A4 formaat. Dit bevat 'n uittreksel uit die boek Dade van ons Sagmoedige God, geskryf deur Jay Schulberg.


In die regstaal word verwys na 'n ramp wat geheel en al aan die kragte van die natuur toegeskryf kan word en nie redelikerwys verhinder kon word nie, as 'n daad van God. Hierdie frase word dikwels in versekeringspolisse ingesluit. Waar kom ons aan die idee dat God verantwoordelik is vir slegte dinge wat in ons wêreld gebeur? Bepaal Hy willekeurig wanneer en waar gebeure soos tornado's, aardbewings, orkane, vloede en ander natuurrampe plaasvind? Doen God iets om hierdie dinge te laat gebeur? Manipuleer Hy die natuurlike wêreld om Sy gewenste uitkoms te bewerkstellig? En hoekom doen Hy nie meer om lyding in ons wêreld te voorkom nie? Ten slotte, was God verantwoordelik vir die geweld waarvan ons in die Bybel lees? Het Hy Homself aan geweld onderwerp?