Maranatha Media: South Africa
Skrywer Adrian Ebens
Gepubliseer Mar 26, 2019
Downloads 759

Onder die vloek van die sonde sou die hele natuur teenoor die mens getuig van die gevolge van opstand teen God. God het die mens gemaak om oor die aarde en al die lewendige wesens te heers. Solank Adam aan die Hemel getrou gebly het, was die ganse natuur aan hom onderdanig. Maar toe hy teen die Goddelike wet in opstand gekom het, het die minderwaardige skepsele teen hom in opstand gekom. So het die Here in Sy genade probeer om die heiligheid van Sy wet aan die mense te verduidelik en om hulle deur eie ervaring te leer hoe gevaarlik dit is om dit, selfs in die geringste mate, te veronagsaam.   Patriarge en Profete, bl. 52

Onder die geringe skepsels het Adam as koning gestaan, en solank hy aan God getrou gebly het, het die ganse natuur sy heerskappy erken; maar nadat hy oortree het, is hierdie heerskappy verbeur. Die gees van rebellie, waaraan hyself toegang verleen het, het deur die ganse diereryk versprei. So het nie net die lewe van die mens nie, maar die geaardheid van die diere, die bome van die woud, die gras van die veld, selfs die lug wat hy ingeasem het, alles die treurige les van die kennis van die kwaad verkondig.  Opvoeding, bl. 13