Nuusbrief Jan 2021

gepos Jan 19, 2021 deur Nina Snyman in Nuusbriewe

MEER OOR ONS

Ons groep ondersteun en bemoedig diegene wat vreugde vind in die Vader deur die eniggebore Seun en die seën van die goddelike patroon. 

KONTAK

SELFOON:

082 745 4462

 

WEBBLADSYE:

www.vadervanliefde.com

www.maranathamedia.co.za/af

EMAIL:

nina.snyman@vodamail.co.za

TERUGBLIK:

Die kampvergadering naby Rawsonville, 2-8 Oktober 2020. Dit is afgesluit op Sabbat 10 Okt by die Salem Biblical Gardens in Agter-Paarl.  Die program het ingesluit musiek en sang met spesiale items, ‘n boektafel en elektroniese opnames van preke deur Suid-Afrikaanse sprekers en internationale gassprekers deur die internet.

Vertaalde boeke vrygestel in Afrikaans gedurende 2020:

Verterende Vuur; Reis van Geloof; Fontein van Seën;

LewenskwessiesKruis-Belewenis – Ondersoek die Kruis; Trooster

AANMOEDIGING:

DIE KARAKTER VAN DIE MESSIAS

DIE Koning van heerlikheid het baie laag gebuk om mens te word. Sy aardse omgewing was onaangenaam en afstootlik. Sy heerlikheid was bedek sodat die majesteit van Sy uiterlike voorkomste nie die aantrekkingskrag sou word nie. Hy het alle uiterlike vertoon verwerp. Rykdom, wêreldse eer, en menslike grootheid kan nooit n siel van die dood red nie. Jesus het besluit dat geen aardse aantrekkingskrag die mense sou beweeg om na Hom toe te kom nie. Alleen die sieraad van hemelse waarheid moes diegene trek wat Hom wou volg. Die karakter van die Messias was lank reeds voorspel in die profesieë, en Hy het verlang dat die mense Hom moes aanneem op die getuienis van die Woord van God. KE 35.1

DIE HART VAN DIE HEMELSE VADER

Die hart van 'n aardse vader gaan in liefde uit tot sy seun. Hy kyk in die aangesig van sy kind, en dan sidder hy as hy dink aan die gevare van die lewe. Hy wil graag sy geliefde beskerm teen die mag van die Satan, en hom terughou van versoeking en stryd. Om 'n baie groter stryd te stry, en baie groter gevaar te loop, het God Sy eniggebore Seun gegee, sodat die weg van die lewe verseker kon word vir ons kinders. “Hier is liefde.” Wees verwonderd daaroor, o hemele! staan verbaas daaroor, o aarde! KE 41.1

KAMPVERGADERING 2021:

KAMPVERGADERING: Die kampterrein naby Rawsonville is bespreek vir 26 Maart tot 4 April 2021 (wat Paasnaweek insluit).