Droombeeld

gepos Jun 28, 2021 deur Cedric Vander Mescht in Testimonies and Stories

Koning Nebukadnesar het gedroom

Wie gaan in die toekoms in my paleis woon

‘n Groot beeld is die onderwerp

Met kop van goud, bors en arms van silwer sterk

 

‘n Koper buik met bene van yster

Hy staan op yster-klei -voete vasgepleister

Verrys ‘n rots uit God’s hand

Dit tref die beeld - dit word soos sand

 

Profeet Daniël het deur God’s gena

Die toekoms voorspel wat konings sou pla

Bybelprofesieë voorspel; God is in beheer

Niemand kan dit verander of vir God keer

 

Vandag sien ons die droom as flits

Wat toekoms uitlig vir mens ‘n gids

Geskiedenis sal beaam

Dat Babilon kop is wat bo skouers uitstaan

 

Silwer is die Persiese Ryk

Wat vir die brons swaard van Alexander die Grote wyk

Die Romeinse ystermag

Verower die Grieke met onbeskryflike krag

 

Gemengde ystervoete is ons tyd vandag

Europa onverenigde tien tone: verdeelde mag

Nie Napoleon of selfs Hitler kon ‘n kraak maak

In die Godheid se voorspelling deur Daniël se uitspraak

 

God’s koningkryk kom gou tot stand

Om verwarring te stop vanuit God’s hand

Ons wag op die “Rots”: die tyd is klaar

Wie gaan saam; wie word vir ewig gespaar?

 

 

Deur: Cedric W van der Mescht