Drie Boodskappe

gepos Jun 28, 2021 deur Cedric Vander Mescht in Testimonies and Stories

Drie Boodskappe…

 

Drie engele het reggestaan

Van die troon het opdrag uitgegaan

Neem dit vir die hele wêreld nou

Dis uiters belangrik -maak gou!

 

Die eerste het een ding as doel:

Vrees God - heerlikheid moet spoel

Voor God se grote oordeel sou

die mens se gedagtes hemelwaarts hou

 

Dan kom 'n tweede boodskap aan

Geval geval Babilon - eens gestaan

Satan’s koningkryk het hom omvou

Wyn van vals lering dronk aanskou

 

Toe volg derde een met boodskap soet

Harde stem gee aan wêreld moed

Hier is hulle: houers van gebooie nou;

Hul wat hulle om Jesus’s getuienis vou

 

Derde staan uit soos son se lig op maan

Hul verstaan God’s bevel uitgegaan

Bekering: vrees en heerlikheid sou

Babilon kon reinig as hul maar net wou…

 

Deur: Cedric van der Mescht