Boodskap aan die Oorblyfsel

gepos Jun 19, 2020 deur Annemarie Biondi in Praise Fellowship Feedback and Sharing

Boodskap aan die Oorblyfsel

(144,000)

Die tyd is haas verstreke

Die son sak alreeds laag

Daar is maar min tyd oor

Te véél om te verloor!

 

Genadetyd snel gou verby

Bely en bid en vas

Lê af die werke van die vlees

Om só gereed te wees.

 

Vertrou op God’s genade

Gaan in deur die geloof

Waar Hy as Hoëpriester trou

Ons name sal onthou.

 

Ons moet net so gehoorsaam

Sy wil in alles doen

Oorwinning moet ons kry

En in Sy liefde bly.

 

Laat ons twee spane inspan

Geloof en werke saam

Proses van heiligmaking

Ons weg na Bo sal baan.

 

Ek sien ons Hoëpriester

In die Allerheilig Plek

Die reukpan vuur en rook

Die bloed wat sonde dek.

 

Ek luister na die klokkies

Ek hoor die Heiland pleit:

“My bloed, My bloed, o Vader!

My volk moet hul verneder.”

 

Messias-kroon van suiwer goud

Fyn linne in Sy kleed

Dit is die groot Versoeningsdag

Het jy jou lamp gereed?

 

Pers, purper en bloedrooi kleur

Karneool, topaas, smarag

So “Heilig aan die Heer”

Is jy Sy kind wat wag?

 

O, moenie langer weifel

Daar is maar min tyd oor

Kom dadelik na Jesus

Hy sal jou nou verhoor!

 

 

 

Annemarie Biondi

2004.06.09