Maranatha Media: South Africa

Kleiner Boekies

Christus se Sending na die Wêreld

Christus het die karakter van God verhef deur aan Hom die lof toe te ken en aan Hom die eer te gee, dit is die hele doel van Sy eie sending op aarde - om die mens reg te help deur die openbaring van God. Die vaderlike genade en die ongeëwenaarde volmaaktheid van die Vader is in Christus voor die mens gestel. In Sy gebed net voor Sy kruisiging, het Hy verklaar: "Ek het u Naam geopenbaar." "Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring." Nadat die doel van Sy sending bereik is - die openbaring van God aan die wêreld - het die Seun van God aangekondig dat Sy werk volbring is en dat die karakter van die Vader aan die mens openbaar gemaak is. {Signs of the Times, 20 Januarie 1890, par.9}

Die Innigheid van God

‘n Kampvuur-kuier klink heerlik! Wat sal gebeur as daar iemand is van wie jy nie hou nie? Daardie paar uur kan baie ongemaklik vir almal om die vuur wees.

Stel jou nou voor dat jy uitgenooi word om die ewigheid saam met God om sy kampvuur deur te bring. Ongelukkig het jy soveel slegte dinge van Hom gehoor… Waarom moet jy die ewigheid deurbring met iemand wat ‘n beheervraat en kwaai is, iemand van wie jy glad nie hou nie? Wel, dit mag die slotsom wees waartoe jy gekom het omtrent God, uit wat jy van Christene sowel as nie-Christene gehoor het.

Sê nou ons is almal mislei? Sê nou Hy is nie die beheervraat-boelie wat mense Hom uitgemaak het nie? Sê nou Hy is werklik ‘n Vader wat eintlik slegs die beste vir Sy kinders wil hê en naby hulle wil wees? Hoe kan Hy ons wanopvattings van Hom verander en dit vervang met ‘n verlange om tuis by Hom, ons Pappa, te wees? Lees gerus hoe ons hemelse Vader probeer om dinge vir ons reg te stel, in die hoop dat ons van gedagte omtrent Hom sal verander. Hy het nog nooit Sy gedagte omtrent ons verander nie.

Die Kruisiging van Christus in die Dae van Noag en Lot

Die verhaal van die wêreldwye vloed en die vernietiging van Sodom en Gomorra is vir baie mense ontstellend. Sal God werklik derduisende mense verdrink of verbrand, net omdat sy genade tot ‘n einde geloop het en die verpletterende hand van die gereg nie meer weerhou kan word nie? Sal ‘n God van liefde so iets doen? Vir baie mense is dit verwarrend.

Baie mense bespot en verwar die “ewige evangelie” as gevolg van die boodskappe wat uitgaan van ons kansels af. Hierdie boodskappe beskryf God as die baas van ‘n globale Mafia met ‘n afpersingskema gemik op die inwoners van die aarde, sodat Hy die aanbidding kan verkry –

“Doen soos ek sê of ek maak jou dood!”

Die ware “ewige evangelie” is dat ons Vader ons nie in die hemel inbring met ‘n doodsdreigement om gehoorsaamheid af te dwing nie. Sy wet is ‘n geskrewe kopie van Sy karakter en sy wet dui aan, “Jy mag nie doodslaan nie.” Christus se kruisdood het die leuen, dat God dreig om rebelle dood te maak, tot niet gemaak. Die Kruis openbaar dat God almal wat Hom verwerp, aan hul eie keuses oorlaat.

Die Seremoniële Skeidingslyn

Adventiste se geskiedenis is vol stryd en debat oor die kwessie van wanneer en waar die Ou Verbond met al sy rituele en seremonies begin en geëindig het. Soos alle ander Protestantse kerke waaruit hulle gekom het, het die Adventiste lank die heersende idee aanvaar dat alles wat oud en Joods is, met die dood van Jesus tot 'n einde gekom het. Vir die ander Protestante het dit ook die sewende dag Sabbat ingesluit. Nee, het die Adventiste, wat die vierde gebod aanvaar het, gesê. Die Morele Wet is permanent; die wet van Moses is aan die kruis vasgenael. Maar wat van drank wat dronk maak, en onrein vleis? ‘n Groeiende lys van Mosaïese insettinge is oor die Seremoniële Skeidingslyn geskuif. En toe kom 1888. Die implikasies was duidelik. Iets moes meegee... Die gevegslinies is opgestel, en die res — wel, die res is geskiedenis.

Die Tye van Verkwikking

Het u al ooit daaraan gedink dat God spesifieke byeenkomste in Sy woord uiteengesit het? In die Ou Testament is hierdie heilige byeenkomste moédim genoem, wat eenvoudig “Die vasgestelde tye”, of “Feeste” beteken (Levitikus 23). In die Nuwe Testament word hierdie selfde byeenkomste “Die tye van verkwikking” genoem (Hand 3:19).

“...en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.” Hebr.10:24, 25.

Die Wysheid van God

Hy wat die Seun het, het die lewe. Hoekom is dit so? Want in die Seun van God woon die suiwer hart van ’n gehoorsame Seun aan Sy Vader. Hy doen altyd die dinge wat die Vader behaag. Hy het ook die Vader se seën en diepe toegeneentheid. Die hart van die Seun rus volkome in Sy Vader se liefde.

Einde van die Bose

Diegene wat in God glo, reken bykans almal dat die enigste manier om die sonde te beëindig, is om die goddelose in hul spore te stop deur 'n vurige stroom vanuit die hart van God af te bring om die goddelose te verbrand en tot 'n einde te bring.

Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte – dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Jesaja 53:4

Exodus Ondervinding

Gedurende die jaar 2010 tot 2017 het die Here ons gesin deur ‘n Eksodus ondervinding geneem: Ons het eerstens deur verbasende ontdekkings die Tien Geboeie gevind (Eksodus 20) in die Adventiste Kerk, waar ons aangesluit het. Die onontdekte waarhede van die Ou Testament (Eksodus 21 – 24) het ons  gelei tot ‘n veranderde lewenstyl van selfbeheersing in, onder andere, ons eetgewoontes. My man se studies van die Bybel het ons gelei tot die openbaring van Jesus Christus, die Seun van die enige ware God, soos beskryf in die Heiligdom (Eksodus 25 – 31, Joh.17:3), gevolg deur ‘n Goue Kalf ondervinding (Eksodus 32) wat die weg gebaan het tot die wonderlike openbaring van Wie God is en hoe Hy in wese  is (Eksodus 33-34).

Fontein van Seën

Ons Vader roep ons nou tot 'n meer volledige Sabbatservaring. Ons word geroep tot alle geestelike seëninge in Christus Jesus as kinders van Abraham (Galasiërs 3:27-29). Jesus sê vir ons, "Kyk, ek staan ​​by die deur en klop" en Hy klop op die vasgestelde tyd. Sal jy vir Hom oopmaak en saam met Hom maaltyd hou?

Gebede vir ons Kinders volgens die Goddelike Patroon

God het ons in Sy ryke genade teruggebring na die kennis van die Vader en die Seun, waarna verwys word as die Goddelike Patroon. Hy toon ons wat agape liede is (liefde wat heeltemal gestroop is van selfsug) teenoor eros liefde (wat altyd selfsugtig optree).

Volgens die Goddelike Patroon bepaal ek as ouer op watter manier die seën van ons hemelse Vader oor ons kinders uitgestort word. Dit plaas my nie in ‘n magsposisie nie, maar wys my eerder op my behoefte aan ‘n goddelike karakter, sodat ek die karaktereienskappe van Jesus Christus aan my kinders kan toon.

Laat ons rus in die struktuur van seën wat in die verhouding tussen ons hemelse Vader en Sy Seun ingebou is: dankbaarheid en lof aan die groot Gewer sluit die hemelse strome van seën oop.

Gebede vir ons Mans volgens die Goddelike Patroon

In Sy genade het God ons teruggebring na die kennis van die Vader en die Seun, na Wie se beeld ons as man en vrou geskape is (Gen. 1:27). Hy wys ons wat agape liefde is (liefde wat totaal gestroop is van alle selfsug), wat in skrille konstras is met eros liefde (wat altyd selfsugtig optree).

Om die Vader en Sy Seun te aanbid, bring baie veranderinge in die wyse waarop ons die lewe en lewensbeginsels waarneem. Dit bring ‘n verandering in die gemoed, gedagtes en dade, verhoudings en ook in ons gebedslewe.

Laat ons ons hemelse Vader vertrou om ons as egpaar te heilig en te omskep na die beeld van die Vader en Sy Seun, Jesus Christus.

God se Barmhartige Toorn

Wat sê die Bybel omtrent die toorn van God?

Is dit soos ons s’n? Word God verskriklik kwaad? Hoe kan God ’n liefdevolle God wees en steeds die goddelose met vuur vernietig?

Jesus het ons die hemelse Vader kom wys. Hy is die volmaakte beeld van God. Raak verlief op die Skepper Wie die sondaar nooit minder liefhet nie.

Goddelike Patroon van die Lewe

1 Kor. 8:6  - "Tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom."

Haal Augustinus se Verbondsbril Af

Hierdie boekie verduidelik hoe die verbondstelsel, wat deur Augustinus ontwikkel is (dit is die Ou Bedeling en die Nuwe Bedeling), bygedra het om die Laatreën, wat deur die uiters kosbare boodskap van 1888 moes kom, te kortwiek.

Heerskappy van die Aarde

Die Heerskappy van die Aarde

Die effek van die mens op die natuur

Hoe Lees Jy?

Christus sê vir ons dat die Woord van God waarheid is. Ongelukkig is daar soveel verskillende oortuigings, en blykbaar kom almal uit die Bybel, sodat dit verwarrend mag wees. Hoe kan ons dan die waarheid ken wanneer ons oënskynlike teenstrydighede in die Bybel vind?

Hierdie boekie beantwoord hierdie vrae deur ‘n verduideliking van die basiese Beginsels of Reëls van  Interpretasie, soos die Bybel dit uiteensit.

Kinderleiding om die Karakter van God te Verstaan

Wat is God se ware karakter? Wat is die ware betekenis wanneer die Bybel praat van God se toorn en woede?  Het God geweld gepleeg deur die vloed te bring, ‘n vloed wat miljoene mense se dood veroorsaak het, net omdat hulle nie volgens Sy wil nie gehandel het? Het God se toorn en wraak skade berokken aan die Egiptenare deur die tien plae? Het God so geïrriteerd geraak met Sy mense dat Hy giftige slange onder hulle losgelaat het waardeur hulle gedood is?  Is dit werlik God se geregtigheid?

Hierdie is vrae waarmee ons Christenkinders gekonfronteer sal word wanneer hulle ouer word. Sal hulle gereed wees?

Kom ons maak hulle gereed!

!

Lewende Brood van die Hemel

Die offerstelsel met sy diereoffers en spys- en drankoffers dui alles op die lewe wat Jesus se genade gee deur Sy werk op die kruis en Sy bemiddeling in die hemel vir ons.

Die vraag ontstaan: wat is die betekenis van al die gewigte en mates van meel en olie en aantal diere? As al hierdie gebeure eenvoudig na die dood van Jesus, 2000 jaar gelede, verwys, hoe kan elkeen van hierdie diere- en spysoffers by elke godsdienstige byeenkoms verskil? Wat beteken dit?

Natuurlike Geregtigheid en Versoening

Satan stel ‘n vervalste regstelsel voor wat die hele heelal besmet het. Die aanvraag na straf vir oortreding het byna universeel geword.  Hoe sal dit moontlik wees vir Satan se regstelsel om God se genade te ontmoet op so ‘n manier dat die mens se hart geopen word tot God?

Oorspronklike Liefde

As ons 'n God aanbid wat liefhet as gevolg van inherente eienskappe, sal ons dieselde doen.

Ons word soos dié wat ons aanskou. As ons die Seun aanbid aan Wie alle dinge gegee is en wat rus in die versekering van sy Vader se soete welwillende Agape liefde, kan ons verander word na die beeld van hierdie liefde en kan ons liefhê soos God die Seun liefhet

Ons God is Agape en in Hom is glad geen Eros liefde te bespeur nie.

Oorwinning in Kanaän

Hoe kan ons Israel se volslae vernietiging van nasies met die swaard, versoen met die woorde van Christus? Matteus 26:52 …want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom. Nie net mans nie, maar ook vroue en kinders: Deurteronomium 2:34 In daardie tyd het ons al sy stede verower en verwoes. Van hulle mans, vrouens en kinders het ons niemand laat vrykom nie. Het die Israeliete weklik in harmonie met die karakter van God gehandel?

Sabbatsfontein

Die Woorde wat die Vader met Sy Seun by Sy doop gespreek het, weerspieël die seën wat Hy op Hom uitgestort het op die eerste Sabbat van die Skepping. Daagliks verheug die Vader Hom in Sy Seun, en die Seun is verbly in Hom.

Op die Sabbat het die Vader op Sy Seun geblaas en die Seun was verkwik in Sy Vader se liefde. Hierdie intieme band tussen Vader en Seun is permanent in die Sabbat geplaas, en elke Sabbat blaas die Vader Sy verfrissende rus op Sy Seun en almal wat die Seun aanvaar.

To Walk in my Father's Ways

O how love I thy law! it is my meditation all the day. Psalm 119:97

For this is the covenant that I will make with the house of Israel after those days, saith the Lord; I will put my laws into their mind, and write them in their hearts: and I will be to them a God, and they shall be to me a people:  Hebrews  8:10 

A personal testimony

Tyd om die Sabbat te Begin

Mev. White is in twee visioene iets met betrekking tot die tyd van die aanvang van die Sabbat getoon. Die eerste was so vroeg as 1847, by Topsham, Maine. In die visioen is aan haar getoon dat dit verkeerd was om die Sabbat met sonop te begin. Sy hoor toe 'n engel hierdie woorde herhaal: “Van aand tot aand moet julle jul sabbatte vier.”

In die eerste visioen is ons na die woord van God gerig deur die woorde “Van aand tot aand;” maar op astronomiese gronde is toe besluit dat die aand om sesuur was. In die tweede is presies dieselfde woorde gebruik, en ons was meer in die besonder verwys na die woord van God, wat wanneer dit ondersoek word, sonondertyd oortuigend bevestig. Dit het die kwessie met Broer Bates en 'n paar ander afgehandel, en daar was sedertdien oor die algemeen ooreenstemming omtrent die vraag. {James White, RH 25 Feb. 1868}

Lev. 23:32 ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.

Deut. 16:6 Maar op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, moet jy die pasga slag, in die aand teen sononder, op die tyd van jou uittog uit Egipte. 

U is Priester vir Ewig

Leraar Ebens verduidelik die verbonde in die lig van Melgisédek se priesterskap van Christus wat “begin [het] net nadat die mens gesondig het.” Ms43b-1891 (4 Julie 1891) par. 5.

Verterende Vuur

Christene glo bykans universeel dat daar net een manier is om die sonde te beëindig. Dit is om die goddelose te stuit deur 'n vurige stroom van God af te bring wat die goddelose sal verbrand.

Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte – dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Jesaja 53:4

Viering van die Sabbat

Aan ons, sowel as aan Israel, is die Sabbat gegee as ‘n “Ewige verbond.” Aan diegene wat die Sabbat eerbiedig is dit gegee as ‘n teken dat God hulle erken as Sy uitverkore volk. Dit is ‘n pand dat Hy Sy verbond met hulle sal nakom. Elke siel wat die teken van Gods regering aanneem, plaas homself onder die ewige goddelike verbond. Hy verbind homself met die goue ketting van gehoorsaamheid, elke skakel waarvan ‘n belofte is.

What happens when you die?

A selection from the Devotional book, The Faith I Life By, by Ellen Gould White.