Maranatha Media: South Africa
Skrywer Adrian Ebens
Gepubliseer Jul 06, 2020
Laaste opdatering Jul 01, 2019
Downloads 760

In hierdie boek beskryf Adrian Ebens die kanaal van seën, wat vanuit God, die bron van alles wat lewe, vloei; ‘n kanaal wat slegs behoue kan bly deur een baie spesifieke sleutelbeginsel: onderdanigheid. Die liefdesverhouding tussen God en Sy Seun, wat duidelik openbaar word in die vrywillige onderdanigheid van die Seun aan die Vader, is die goddelike beginsel waarsonder hierdie seën nie kan bestaan nie.

Stel jy belang om te weet wat jou rol en plek is in die kanaal van seën? Wil jy hê dat jou gesin die seën van God in groter mate ervaar? Wil jy gelukkig wees?

Hierdie boek gee ‘n dieper insig in hierdie goddelike patroon van die “kanaal van seën.“ Dit gebruik die Bybelse geskiedenis om die belangrikheid van goddelik-versterkte gesinne uit te wys, sowel as die gevolge van Satan se langdurige pogings om hierdie kanaal van seën te verbreek, sodat dit die seën van God aan die hele wêreld en ook aan individuele gesinne weerhou.

Hierdie boek bring baie antwoorde; dit beantwoord ook vrae buite die normale, omdat die goddelike beginsel van seën nog nie geïdentifiseer is as iets wat met duidelikheid omskryf moet word nie. Daarom word hierdie boek aanbeveel aan hulle wat geestelik honger is en die weë van God beter wil leer ken. “Sjoe“-ondervindings is daarom as newe-effekte ingeprogrameer.